Baddens in Klassieke Tyd

'n Roomse badhuis

Die ou Romeine het talryke en uiteenlopende voorbeelde van hul argitektuur nagelaat as getuienis van hul mag en grootheid: mure van reusagtige klipblokke, kilometer lange akwadukte, manjifieke tempels en grafmonumente, baddens, arenas, reuse-teaters, triomfboë, brûe en paaie. Van al hierdie argitektoniese nalatenskappe is daar een waarvan die volle gebruik vir ons ʼn bietjie duister is.

Ons kan ons nie maklik voorstel watter lewe hom daarin afgespeel het of hoe die geboue gelyk het nie, omdat hierdie soort geboue vandag nie meer bestaan nie. Ons praat hier van die Romeine se beroemde baddens. Hoekom het die Romeine 'n hele gebou nodig gehad vir niks anders as net baddens nie? Hoe is hierdie baddens gebou en hoe het die warmwaterstelsels gewerk? Wat het die mense alles in hierdie badhuise gedoen? Op hierdie interessante vrae kan ons vandag antwoord, danksy studies van bouvalle van hierdie geboue, voorwerpe wat daarin gevind is, en die skilderye en geskrifte van daardie tyd.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy